Hier der Countdown...

DEUTSCH      ENGLISH     AFRICAANS

D-ROLF oppad na Afrika.
of "Ons sit almal in dieselfde Trabi"

D-ROLF is hier oral bekend. En D-ROLF reis baie rond, in die binneland en ook in die buiteland.As volgende wil hy van Duitsland na Afika reis. 'n Baie lang pad vir 'n baie belangrike doel. Vir die reis het hy iets nodig wat hy op kan vertrou.Iets wat in hierdie dae moeilik is om te kry.D-ROLF vat sy Trabant wanneer dit regtig belangrik word.

D-ROLF waarvoor staan die naam?

Op die vraag antwoord hy:
Die "D" kan vir Duitsland staan, daar is gebore.Of dit kan staan vir Draaiorrel. Ek het in die Guiness Book of Records die wreldrekord vir Draaiorrel speel.Maar dit is die belangrikste nie. Baie belangriker is die koppelteken wat die naam verbind, en dit staan vir wat ek werklik doen: verbindings maak.Tussen mense en verbindings tussen idees en die mense vir wie hierdie idees belangrik is.

Trabi - wat is dit?

Die mense wat die Trabi ken, kan nie glo dat daar mense is wat die Trabi nie ken nie.Die mense wat die Trabi dan leer ken, kan nie glo dat dit kan ry nie.

Die Trabi kan 'n mens maklik bekendstel. As mens in Oos-Duitsland die voorreg gehad het 'n kar te besit dan was dit meestal 'n Trabi.Dalk nog 'n belagrike detail. Die Karrietjie is van 'n material gemaak wat mens dalk die beste met 'n harde karton kan vergelyk. "'n Vonkprop met 'n dak", ja, daar is baie liefdevolle name vir die klein dingetjie met wiele wat se naam eitlik Trabi is.

D-ROLF toer na Suid-Afrika in syfers:

Begin: 16.3.2006
Vervoer: Trabant 601
Gebou in: 1975
PS: 26
Kubieke
Kapasiteit:
600 ccm
Geskatte
Reiseduur:
?


Ek kan daar nie verder nie, waar ander mense nie eers uitkom nie!

Met sy Trabi is D-ROLF al op baie plekke.

  • 1993 Pairs-Dakar - by die wegspringplek is baie duisende PS, , en D-ROLF het met 26 daarvan die pad gevat.
  • 1990 D-ROLF met sy Trabi in die Verenigde State op die beroemde Route 66.
  • 2000 D-ROLF in Australia: 2 keer "coast to coast"
  • New Dehli en Madagaskar is op sy lys, so ook Las Vegas - Salt Lake City met 'n "High-Speed Trabi" en , op die voetspore van Albert Schweitzers ,Lambarene.

Nou is dit tyd vir Suid-Afrika.

Tyd vir 'n nuwe avontuur.

Toe D-ROLF in 1998 die eerste keer in Suid-Afrika was, heeltemal "normaal" met 'n vliegtuig soos die ander Europeers ook, het hy al besluit: "Hiernatoe kom ek weer, en dan kom ek met my Resieskarton"

Die laaste keer toe hy in Suid-Afrika was het hy ook die skadukante van die Sonskynland gesien. Mense wat in armoede leef het hom geraak. Kinders, al die baie Kinders, wat ook 'n kans in die lewe moet kry.'n Kans soos wat elke mens verdien om te h.
Die kanse wat die lewe bied, die gebiet waarop D-ROLF spesialis is.Daar weet hy hoe die dinge werk.

En presies daarom gaan D-ROLF se Trabi swaar gepak wees wanneer hy na Suid-Afrika ry. D-ROLF gaan sy reis baie intensief voorberei. Met baie mense gaan hy praat.D-ROLF gaan 'n hele klomp Euros insamel en dit dan by die kinders van Suid-Afrika aflaai. Met die geld wat hy insamel word 'n projek ondersteun wat die kinders 'n kans in die lewe gee.

Want ons sit almal in dieselfde Trabi!


            top